Visie:
Dit is KPPP se visie dat elke kind as ‘n individu gesien sal word, om kwaliteit onderrig op ‘n speel-speel manier vas te lê in ‘n veilige, natuurlike omgewing waar kinders nog kind kan wees.
Missie:
Dit is ons missie om die kind as individu altyd eerste te stel.
Ons verbind ons dus tot:
- Sterk Christelike waardes
- Moedertaalonderrig
- ‘n Hoogstaande akademiese standaard waarin die kind in totaliteit ontwikkel volgens sy eie vermoë
- ‘n Veilige, natuurlike omgewing waar elke kind geliefd sal voel
- Goeie samewerking tussen huis en skool
- Die kweek van selfvertroue
- ‘n Toegewyde span Opvoeders en Beheerliggaam wat die skool altyd eerste stel