Graad R

By Klein Phisantekraal Preprimêr in Durbanville kan ons Graad R maats nog in die modder speel en wye draai hardloop op die plaaswerf, terwyl hulle voorberei word op die groot skool.

Die Graad R klasse volg die Nasionale Kurrikulum en Assesserings Beleid Verklaring (CAPS/KABV) soos voorgeskryf deur die Departement van Basiese Onderwys. Ons is ook geregistreer by die WKOD en woon die departement se inligtingsessies en kursusse by.

Klein Phisantekraal handhaaf presies dieselfde standaarde (indien nie beter) as omliggende skole.

Verskeie siftings (spraak, sig, gehoor en motories) vind plaas sodat enige uitvalle dadelik aangespreek kan word om te verseker dat jou kleuter die groot skool vierkantig in die oë kan kyk. Ons kleuters pas uitstekend aan in omliggende Voorbereiding- en Laerskole (Durbanville, Gene Louw, Eversdal, Bastion) en word gereeld as hoofkarakters in konserte gesien, floreer op die sportveld en doen akademies goed.  

Klasse:
Daar is 2 klasse, die Bytjies en die Plaasmuise.  Elke klas het ‘n gekwalifiseerde B.Ed opvoeder en ‘n assisstent. 

Ons klein groepies (maksimum 26 leerders per klas) verseker dat jou kleuter as ‘n individu gesien word en nie net ‘n nommer is nie. 

Skooltye:
Graad R klasse is van 08:00 – 12:30, Maandae tot Vrydae (Hekke open reeds 07:15).

Toelatingsvereiste:
Die Graad R klas is vir kleuters wat ses jaar oud word in die betrokke skooljaar.