Nasorg en vakansiesorg

Nasorg

‘n Nasorg opsie is beskikbaar vanaf 12:15 – 17:30 elke dag op die Plaas. Tannie Judy neem die voortou en die klas-assisstente help ook in die middae uit.

Nasorgfooie vir 2026:

Opsie 15 dae ‘n week asook vakansiesorgR2 180 per maand vir 11 maande
Opsie 25 dae ‘n weekR1 820 per maand vir 11 maande
Opsie 33 dae ‘n weekR1 240 per maand vir 11 maande
Opsie 4Enkel middagR125 per middag

Kleuters kry ‘n gebalansseerde middagete sowel as ‘n broodjie en vrug later in die middag. Vrydagmiddae is daar gewoonlik ‘n nagereg-bederfie vir die maats.

Vakansiesorg

Vakansiesorg word aangebied van 07:30 – 17:30 in die skoolvakansies. Daar is gewoonlik ‘n tema vir die week, tesame met aktiwiteite vir die kinders en lekker eetgoed.

Vakansiesorg open reeds in Januarie, ‘n week voor die skole begin vir die nuwe jaar en sluit einde van die jaar om en by die 15de Desember. In die drie-weke Junie-Julie skoolvakansie is vakansiesorg gesluit in die middelste week.