In die Pre-graad R klas, die Eendjieklas, fokus Juffrou Mia op die ontwikkeling van die kleuters se grootmotoriese, fynmotoriese en sensoriese vaardighede. Dit is die fondasie vir suksesvolle leer en skoolgereedheid.
Die Eendjies werk in klein groepies met speel-leer aktiwiteite. Ons fokus ook om kleuters se selfvertroue te ontwikkel, hul emosies te help verstaan en reguleer, konflik te hanteer en selfstandigheid te bevorder.



Skooltye:
Klasse is van 08:30 – 12:15, Maandae tot Vrydae (Hekke open 07:15).
Toelatingsvereiste:
Die Pre-graad R klas is vir kleuters wat vyf jaar oud word in die betrokke skool jaar.


