Klasse

Klein Phisantekraal bied drie ouderdom-klasse aan:

Elke klas het ‘n gekwalifiseerde B.Ed opvoeder en ‘n klasassisstent.

Die Graad R en Pre-graad R klasse het ‘n maksimum van 26 leerders per klas. Daar is twee Graad R klasse by Klein Phisantekraal, die Bytjies en die Plaasmuise, en die klasse volg die KABV, die Nasionale Kurrikulum Verklaring.

Die Pre-graad R klas is die Eendjie-klas.

Die vierjariges se klas, die Skapie-klas, het ‘n maksimum van 20 kleuters in die klas.

Klein Phisantekraal bied ook nasorg en vakansiesorg, sowel as buitemuurse aktiwiteite.